Taalversorging is baie belangrik en as jy KD Language Services gebruik, kan jy seker wees jou skool se dokumente is tops..
Is jy bekommerd oor spelling, grammatika en sinskonstruksies in jou skool se dokumente? Of dalk oor 'n teks se duidelikheid en vloei? Ek sal daarna kyk en al die kinkels uitstryk sodat jou skool se woorde kan werk.
Hierdie diens sluit in:
Om te kan vertaal is 'n kuns. As jy hulp benodig om jou skool se dokumente te vertaal sodat die nuwe teks oorspronklik klink terwyl die basiese boodskap behoue bly, laat my toe om die leisels oor te neem.
Hierdie diens sluit in:
Kwaliteitskryfwerk bevorder jou skool se beeld. Maak seker jou skool se dokumente is tops deur my skryfdiens te gebruik.
Hierdie diens sluit in:
Hallo! Ek is 'n ervare, tweetalige taalpraktisyn wat in die Wes-Kaap woon. Ek het KD Language Services gestig nadat ek vyf jaar lank as 'n vertaler, redigeerder, kopieskrywer en digitale bemarker in die toerismebedryf gewerk het.
'n BA Regsgraad en Nagraadse Diploma in Vertaling verwerf by Universiteit Stellenbosch, asook 'n Digitale Bemarkingsertifikaat verwerf by Udemy, vorm my ervaringsgrondslag.
Buiten my innige liefde vir taal en boeke, is ek ook 'n krieketkenner, speurfliekfoendie, klassieke rockmusiekliefhebber en amateur bergstapper.
As iemand wat vir jou werk omgee, is ek uiters noukeurig en bied al my dienste in Afrikaans en Engels. Dié dienste sluit redigering, proefleeswerk, vertaling, SEO-gebaseerde kopieskryfwerk en basiese sosiale media-opleiding in.
KD Language Services bied professionele, doeltreffende en vindingryke taaldiens, toegewyd om jou woorde te laat werk. .
Kontak my gerus vir 'n gratis kwotasie en kwaliteitdiens.
Kaapstad, Suid-Afrika